![]()
Nuwe lidmate besoek asseblief die info toonbank in die voorportaal van die kerkgebou. Na elke erediens sal die toonbank beman wees. U sal daar 'n voorgeskrewe vorm ontvang wat u kan invul en by die toonbank laat. 'n Leraar sal u kort daarna besoek en u in die proses begelei.
![]()
- Selgroepe
Die gemeente besef dat selgroepe 'n beskermende ruimte bied vir geestelike groei en die vorming van gelowiges. Hier beleer ons die warme onderlinge liefde en leer ons om ook uit te reik na mekaar. Daarom wil ons u aanmoedig om by 'n selgroep in te skakel. Die leraar of selgroepbediening sal u help om die regte sel te vind. Indien dit nie vir u moontlik is om by 'n selgroep in te skakel nie, sal u outomaties deel word van die geografiese wyk waarin u bly. - Bedieninge
Alle lidmate word ook aangemoedig om die gawes van die Gees wat u ontvang het, te gebruik. Om dit vir u maklik te maak is daar verskillende bedieninge in die gemeente.

