sloganspacer
Slogan

 

Oor ons

KruisMedia is 'n christelike boekwinkel, wat geleë is in die kerkkompleks in Aarbeilaan 22, Miederpark, Potchefstroom. Die winkel is vanaf Maandag tot Saterdag om 9:00 tot 13:00 oop. Navrae kan gerig word aan (018) 294 8121.

Hierdie winkel is uniek omdat dit ten doel het om die christelike evangelie so goedkoop moontlik te versprei. Dit is die ideale plek om enige christelike boek, CD, of selfs geskenke te koop. Daar is 'n reuse verskeidenheid boeke om van te kies. Selfs kersgeskenke en geskenkbewyse kan hier verkry word.

KruisMedia

Die winkel het meer as 450 christelike video's wat slegs teen R8 per video verhuur word. Tonne bybels en kategismemateriaal word ook hiervandaan na baie christelike kerke versprei.

Dit is 'n projek waarin die N.G. Kerke van die streek saam gestaan het en 'n groot sukses van gemaak het. Meer as 30 gemeentes uit alle dinominasies ondersteun die projek. Kom deel gerus in die goedkoop pryse wat deurgaans op alle produkte gebied word. Kom kyk gerus wat alles Kruis-media te bied het.