![]()
Junior jeug (Voorskool tot Graad 6)
- Die bediening op ‘n Sondag
Dit word elke skoolgaande Sondagoggend aangebied dieselfde tyd as die oggenddiens. Dit is in die vorm van ‘n erediens. Tydens nagmaal is daar steeds ’n byeenkoms. Die materiaal wat gebruik word is Modkats. Die kinderdiens begin 09h15 met praise and worship. Daarna verdeel die kinders in die graadgroepe. Daar word ook gereelde familiedienste in die kerk gehou. - Dissipelskap- kursusse en reekse
Daar word 5 sulke reekse in die jaar aangebied. Die tema van die reekse is om die kinders Christelike waardes te leer. Graad 1-3 kom op Maandae en graad 4-6 kom Dinsdae 17h00 bymekaar. - Kampe
Vier graadgroep kampe word per jaar aangebied: twee vir grade 1-3 en twee vir grade 4-6. - Uitreike
Elke graad gaan op een uitreik in die eerste helfte van die jaar. Dit vind Sondagoggende plaas. Dit word gedoen by plaaslike hospitale, ouetehuise, op plase waar Sondagskool gehou word en by ‘n plek vir hawelose mense.
Senior jeug (Graad 7-11)
- Aanbiddingsdienste
Dit word op skoolgaande Sondagaande gehou en is deel van die formele program met die tieners. Dit begin 17h00. Dit is ’n erediens vir tieners en die klem val op praise en worship. Daarna verdeel die tieners in die verskillende graadgroepe. Die belydenisklas loop oor twee jaar en begin reeds in graad 10.
Geleenthede word gereel waar die tieners die eredienste in die kerk saam met die gemeente bywoon. - Selgroepe
Gedurende die skoolkwartale is daar in die week selgroepe wat bymekaar kom. - Kampe en uitreike
Die twee belydenisklasse gaan aan die begin van die jaar op ‘n kamp en graad 7 gaan ook op ‘n kamp. Alle graadgroepe gaan verder op plaaslike uitreike waar die Jesus film gewys word. Ons wil die kinders leer om lewende dissipels en getuies vir Jesus te wees. Die graad 11 groep gaan tydens die Julie vakansie op ’n uitreik na Botswana. - Diensbaarheid
Klem word gelê op diensbaarheid in die gemeente. Elke kind vanaf graad 10 raak betrokke by ‘n spesifieke bediening in die gemeente. - Matrix en studente
Dit is vir matrieks en studente wat nie by die PUK inskakel nie. Dit word gehou skoolgaande Sondae aande na die aanddiens. - ’n Huisgodsdiensrooster word elke week in die skoolkwartale beskikbaar gestel. Dit word ook per e-pos uitgestuur.
- Daar is beradingsfasiliteite vir ouers en kinders beskikbaar.
- Al die kinders word deur die leraar en die jeugleiers besoek
- Die kinders word ook deur mixit bedien.
- Daar is ‘n lofdansgroep wat die kinders bedien.
- Al die jeugleiers ontvang voortdurend toerusting vir die werk wat gedoen word.

