sloganspacer
Slogan

 

Eredienste

 

Koffiediens Kook!

Wanneer laas het jy by ons gemeente se koffiedienste op ʼn Sondagaand 18:00 ingeloer?

Iemand sê die week: “Ek was ʼn geruimetyd laas in die aanddiens, en toe ek nou die aand inloer, was ek totaal verbaas. Ek was werklik diep geraak deur die boodskap, getuienisse en warme liefde!”
Iemand anders het opgemerk: “Dis beslis nie ʼn foefie nie. Dis eg, opreg en diep geestelike waarhede wat bespreek word.” Nog iemand het opgemerk: “Die Here is beslis besig om te werk!

Die koffiedienste is spesiaal vir jou! Bring jou vriende en kom kuier saam! Daar is ʼn gebedsgroep wat spesiaal vooraf bid vir elkeen wat die diens besoek. Baie dankie aan Lettie en haar span. Julle gebede maak ʼn groot verskil! Die orkes is net JOY om na te luister! Dit is duidelik dat die “bandlede” baie moeite met hul voorbereiding doen en dit boonop met joy. Alles dra by tot ʼn heerlike atmosfeer van lofprysing en aanbidding!

SMS en vra as jy ʼn spesiale gebedsbehoefte het! Ons sal graag by die koffiediens vir jou wil bid. Ons wil ook graag jul stories hoor van vars gebedsverhoring of gebeure waarin jy God se hand kon raaksien! Jou storie kan weer ander rondom jou bemoedig!

  • As jy ook deel wil word van die vooraf gebedspan, sal ons dit so waardeer! SMS Lettie met jou gebedsversoek by 083 9590020 of kom loer twintig minute voor die koffiediens in by die gebedslokaal.
  • As jy wil inskakel by ʼn selgroepie of nuut is in die gemeente, of ʼn getuienis wil deel, SMS of skakel 082 340 7549. Ons sal jou bystaan en help om deel te word van ons familie van gelowiges!