sloganspacer
Slogan

 

Oor ons

  1. Sendingbediening
  2. Mediabediening
  3. Kunstebediening
  4. Eiendomsbediening
  5. Getuienisbediening
  6. Gebedsbediening
  7. Jeugbediening
  8. Barmhartigheidsbediening
  9. Senior Burgers
  10. Administrasie / Personeel Bediening
  11. Finansiëlebediening
  12. Selgroepbediening
  13. Ouderlingbediening
  14. Diakenbediening
  15. Ondersteuningsbediening
  16. Boubediening

1. Sendingbediening

Die sendingbediening bied aan elke lidmaat opwindende geleentheid om betrokke te raak by die uitdra van die evangelie. U bepaal self die vlak van u betrokkenheid

  • U kan ’n voorbidder wees vir ’n spesifieke sendeling.
  • U kan prakties betrokke raak by een van ons sendelinge. Elke sendeling het bv. ’n stuursel wat uit verskillende
    portefeuljes bestaan! Daar is altyd plek vir nog helpers! Ons het u baie nodig!
  • Help organiseer ’n sendingkonferensie of dinee!
  • U kan ook self die evangelie uitdra:
    • Binnelandse Sending:
      • Plaas sending

      • Plaas Sondagskool
      • Hospitaal sending
      • Sending en ekumene raad van Potchefstroom (SER)
      • Plaaslike uitreike na Tshepisong
      • Ondersteuning aan VGK gemeentes in Ikageng
      • Anderstalige eredienste (Tswana/ Sotho)
      • Timoteus opleiding
      • Gevangenis bediening (Nehemia Bybelskool)
      • MMM sendingkonferensie in Potchefstroom
      • Gemeentemobilisering
      • Die Dissipel (maandelikse nuusbrief)
      • Emanuel Tentbediening
      • Goeie Nuus sending
    • Buitelandse Sending:
      • Jesus-film projek
      • Korttermyn uitreike na sendingvelde
      • Frans Afrika sending
      • Malawi sending
      • Arabiese sending
      • Angola: Freddie de Waal
      • Angola: Jaap & Linda
      • Burundi sending

pyl_op

2. Mediabediening

Hierdie bediening tree op as die spreekbuis binne en buite die gemeente, en tree innoverend en visionêr op waar moontlik om nie net die beeld van die gemeente te bevorder nie, maar deur die hulpbronne tot ons beskikking,  dinamies te gebruik om sodoende  die sentrale vissie van die gemeente te bevorder en  die dinamika van die kinders van God te illustreer wat binne die gemeente funksioneer.

Die volgende Mediabedieninge se  logistieke funksionaliteite dra by tot die uitbou, van die beeld van die gemeente en sy visie (Indien u belangstel om hulp te verleen by enige van ondergenoemde, kan u die bedieningsbestuurder kontak) :

Mediabedieninge:

  • KruisMedia (Boekwinkel)
  • Iederark (Weeklikse Nuusbrief)
  • Die ramshoring (Kwartaallikse nuusbrief)
  • Webwerf (www.ngkmiederpark.co.za)
  • Klankbeheer
  • Rekenaarbeheer
  • Kameraspan
  • Ateljee opnames
  • Redigering
  • Dataprojektor advertensies
  • Duplisering
  • Grafiese ontwerp
  • Plakkaat bemarking
  • Gemeente Inligtingbrosjures
  • Media berigte
  • Data stelsels

pyl_op

3. Kunstebediening

Deur hierdie bediening kan enigeen  met kuns en musiek talente die Here op unieke en innoverende wyses dien! Musiek en kuns word gekombineer tot ’n kragtige medium waardeur die evangelie uitgedra word. Elkeen wat dus voel dat hul ’n bydrae wil lewer deur, musiek, toeneelspel, lofdans, mimiek, skilder en nog baie meer, is welkom by hierdie besondere bediening.  U sal verbaas wees hoe effektief musiek en kunste gebruik kan word om ons hemelse Vader te dien en ook vele ander te bereik! U hoef nie ’n meester te wees nie, maar net gewillig! Ons sal u oplei. As u nog altyd graag ’n instrument wou bespeel, hier is die geleentheid. 

Kunstebedieninge:

  • Orrelbegeleiding & instrumente
  • Lofprysing
  • Toneelbediening
  • Orkes
  • Lofdansers

pyl_op

4. Eiendomsbedieninge

  • Indien u enige toerusting, lokaal of gebou wil gebruik, moet u asseblief die terreinbestuurder kontak en dit vooraf bespreek.
  • Skakel die sendingkantoor vooraf om voertuie vir gemeentebedieninge te bespreek: 018 294 6900
  • Die Eiendomsbediening poog om as ’n span, met die hulpbronne tot hul beskikking die vaste en skuifbare bates van die gemeente, in stand te hou en waar moontlik te verbeter sodat alle bates van die gemeente Miederpark optimaal aangewend kan word om dissipels te maak!  Nuwe en toekomstige projekte word ook deur hierdie bediening bestuur en geadministreer in samewerking met die Finansiële bediening en boukomitee.
  • Daar is altyd nog vrywilligers nodig om te help met praktiese instandhouding en verbetering. Kontak gerus die bedieningsbestuurder as u met enige van onderstaande bedieninge  wil help.

Eiendomsbedieninge:

  • Terrein bestuurder / Voorraad register
  • Instandhouding : Elektries
  • Instandhouding : Sweiswerk
  • Instandhouding : Meganies
  • Instandhouding : Skrynwerk
  • Instandhouding : Bouwerk
  • Instandhouding : Nutsman

pyl_op

5. Getuienisbediening

Wanneer iemand Geesvervuld, vol van die Heilige Gees lewe, kan jy nie anders as om oor te borrel van God se wonderlike genade nie! Daarom wil ons binne hierdie bediening u weer bewus maak van die volheid van God se Gees wat in u woon!

Die getuienisbediening help mense om:

  • Geloofsekerheid te vind.
  • Hul Heilige Gees gawes te ontdek en te gebruik.
  • In die volheid van die Gees te wandel (oorwinningslewe te leef).
  • ’n Kragtige vars getuie vir God te wees. Ons wil u graag help om met groot gemak en vrymoedigheid van Jesus Christus te getuig. ”Om te getuig is doodgewoon ’n praktiese leefstyl van sensitief wees vir God en om daagliks beskikbaar te wees vir Sy gebruik.”  Word saam met ons blymoedige dissipelmakers vir Christus!

         
Getuienisbedieninge:

  • Vroue Bybelstudie groepe (weekliks)
  • Manne Bybelstudie (weekliks)
  • Voel tuis! (nuwe lidmaat verwelkoming)
  • EE3 (evangelisasie kursus)
  • Ontdek Jou Plek Kursusse (ontdek jou gawes en bedieningsplek)
  • Soteria Kursus (Verlossing) (Hoe om iemand na Christus te lei)
  • Konferensies
  • Sprekers (beplan en reël inspirerende sprekers)
  • Mannekampe
  • Vrouekampe
  • Pinksterreeks (jaarliks)
  • Gesinskampe

pyl_op

6. Gebedsbediening

  • Gebedsketting
    Dis in die vorm van ‘n sms ketting.Die selnommer  waardeur die sms’e gestuur word, is  082 460 5272. Die versoek word dan deurgestuur na die voorbidders.
  • Dae van gebed
    Een dag per maand word opsy gesit vir ‘n dag van gebed en dan word daar rondom ‘n tema gebid. Dit is in die vorm van ‘n gebedsketting.
  • 24/7 Gebedsweke
    Daar word drie keer per jaar ‘n 24/7 gebedsweek gereël.
  • Gebedswandelinge
    Daar word op ‘n spesifieke plek vir spesifieke mense/dinge gebid word.
  • Gebedseminare
    Vier seminare word in die jaar aangebied.
  • Daar is ook gebedspanne vir die leraars en georganiseerde gebedsondersteuning  word vir die sendelinge gegee  
  • Mannegebedsbyeenkoms
    Dit word gehou in die konsistorie op Saterdae 06h30 in die somer en 07h00 in die winter.
  • Voorbidding tydens eredienste
    Die verskillende selgroepe neem verantwoordelikheid om tydens die oggenddienste voorbidding vir die diens te doen. Dit vind in die toring plaas.
  • Die gemeente is ook betrokke by “Transformations se Global Day of Prayer en  Jerigo Mure se projekte”.
  • Die kinders in die gemeente word by al die gebedsprojekte betrek.

pyl_op

7. Jeugbediening

Junior jeug (Voorskool tot Graad 6)

  • Die bediening op ‘n Sondag
    Dit word elke skoolgaande Sondagoggend aangebied dieselfde tyd as die oggenddiens. Dit is in die vorm van ‘n erediens. Tydens nagmaal is daar steeds ’n byeenkoms. Die materiaal wat gebruik word is Modkats. Die kinderdiens begin 09h15 met praise and worship. Daarna verdeel die kinders in die graadgroepe. Daar word ook gereelde familiedienste in die kerk gehou.
  • Dissipelskap- kursusse en reekse
    Daar word 5 sulke reekse in die jaar aangebied. Die tema van die reekse is om die kinders Christelike waardes te leer. Graad 1-3 kom op Maandae en graad 4-6 kom Dinsdae 17h00 bymekaar.
  • Kampe
    Vier graadgroep kampe word per jaar aangebied: twee vir grade 1-3 en twee vir grade 4-6.
  • Uitreike
    Elke graad gaan op een uitreik in die eerste helfte van die jaar. Dit vind Sondagoggende plaas. Dit word gedoen by plaaslike hospitale, ouetehuise, op plase waar Sondagskool gehou word en by ‘n plek vir hawelose mense.

Senior jeug (Graad 7-11)

  • Aanbiddingsdienste
    Dit word op skoolgaande Sondagaande gehou en is deel van die formele program met die tieners. Dit begin 17h00. Dit is ’n erediens vir tieners en die klem val op praise en worship. Daarna verdeel die tieners in die verskillende graadgroepe. Die belydenisklas loop oor twee jaar en begin reeds in graad 10.
    Geleenthede word gereel waar die tieners die eredienste in die kerk saam met die gemeente bywoon.
  • Selgroepe
    Gedurende die skoolkwartale is daar in die week selgroepe wat bymekaar kom.
  • Kampe en uitreike
    Die twee belydenisklasse gaan aan die begin van die jaar op ‘n kamp en graad 7 gaan ook op ‘n kamp. Alle graadgroepe gaan verder op plaaslike uitreike waar die Jesus film gewys word. Ons wil die kinders leer om lewende dissipels en getuies vir Jesus te wees. Die graad 11 groep gaan tydens die Julie vakansie op ’n uitreik na Botswana.
  • Diensbaarheid
    Klem word gelê op diensbaarheid in die gemeente. Elke kind vanaf graad 10 raak betrokke by ‘n spesifieke bediening in die gemeente.
  • Matrix en studente
    Dit is vir matrieks en studente wat nie by die PUK inskakel nie. Dit word gehou skoolgaande Sondae aande na die aanddiens.
  • ’n Huisgodsdiensrooster word elke week in die skoolkwartale beskikbaar gestel. Dit word ook per e-pos uitgestuur.
  • Daar is beradingsfasiliteite vir ouers en kinders beskikbaar.
  • Al die kinders word deur die leraar en die jeugleiers besoek
  • Die kinders word ook deur mixit bedien.
  • Daar is ‘n lofdansgroep wat die kinders bedien.
  • Al die jeugleiers ontvang voortdurend toerusting vir die werk wat gedoen word.

pyl_op

8. Barmhartigheidsbediening

Die barmhartigheidsbediening sien om na die fisies, emosioneel en geestelike welsyn van lidmate van die gemeente, sowel as enkele nie-lidmate.  Die bediening funksioneer in die gemeenskap vir die gemeenskap, en reik uit na hulle. Die noodbank voorsien waar nodig, ook voedsel, klere en finansiële hulp.  Ons het ’n deernis vir enigiemand wat in nood verkeer. Ons reik uit na mense, maak nie saak waar u uself bevind nie! In die Hospitaal, huis of by ’n skuiling. Jesus se warm barmhartigheids-liefde is ons inspirasie en daarom is ons trots om in Sy voetspore met liefde te volg.

  • Die barmhartigheidsbediening samel sy eie fondse in. U kan direk bydra tot die noodbankfonds deur ’n finansiële bydrae aan u diaken/ selleier te gee en te oormerk vir die noodbank.
  • U kan ook enige voedsel, klerasie of meubels skenk. Alles sal noukeurig bestuur word. Daar is ook ’n houer in die voorportaal van die kerk beskikbaar waarin u blikkieskos en nie bederfbare items kan plaas.
Barmhartigheidsbedieninge:
  • Kinderhuis (Huis Bet-el):  bedien en versorg kinderhuis kinders. Daar word ook weekliks vir die kinders huisgodsdiens gehou. Die gemeente raak ook betrokke by die “gap projek” waar kinders wat die kinderhuis verlaat het, ‘n kans gegee word om verder te studeer en vir hulself te sorg.
  • Noodbank:  hulpverlening aan behoeftige persone
  • Elke persoon wat dié bediening help, word waar moontlik, tuis besoek en ook met die evangelie van Jesus se redding bedien.

pyl_op

9. Senior burgers

Die bediening aan ons gemeente se senior burgers is vir ons van die allergrootste belang. Ds. Dorette Cilliers bedien die lidmate wat 65-jaar en ouer is. Sy doen huisbesoek by hulle en dek die volle bediening aan hierdie kosbare mense in ons gemeente.

pyl_op

10. Administrasie / Personeel bediening

Ons strewe is om deur  gladde administrasie en effektiewe personeelbestuur ’n werksomgewing te skep waar elkeen werksbevrediging kan ervaar en presies weet wat van hul verwag word. Gelukkige Christen personeel dra nie alleen by tot die maak van dissipels nie, maar illustreer ook hoe dissipels onderling leef en saamwerk.
Werksaamhede van hierdie bediening sluit in:

Administrasie en personeelbedieninge:

  • Prosessering van lidmaatdata (invordering en verwerking)
  • Administrasie van die gemeentebestuur
  • Amptelike gemeente korrespondensie
  • Koördinering van alle gemeente-bedieningsprosesse
  • Administrasie van spesiale projekte
  • Dienskontrakte
  • Personeel-administrasie
  • Hantering van verlofreëlings en aflospersoneel.
  • Hantering van dispute en griewe

pyl_op

11. Finansiëlebediening

Die bediening werk mee aan die sentrale visie van die gemeente “Maak dissipels vir Christus”
Ons poog om as ’n span, die finansiële administrasie van die gemeente so effektief as moontlik te bestuur sodat alle bedieninge wat uit die kerkkas finansier word, fondse tot hul beskikking het om die sentrale visie van die gemeente meer effektief binne hul bediening uit te voer.


Finansiëlebedieninge:

  • Begrotingsbestuur
  • Basaarbediening
  • Dankofferfees
  • Toerusting
  • Kontrole maandelikse kollektering
  • Kontrole onafhanklike fondse

pyl_op

12. Selgroepbediening

Binne hierdie bediening kom die gelowiges weekliks in selgroepies  byeen op ’n dag en uur wat hulle pas. Boonop skakel u in by mense van u eie ouderdom, waar u sommer tuis voel! Die strewe is dat die meerderheid lidmate uiteindelik by selgroepe  sal inskakel!

Wat doen ons binne die selgroepe? Hier ervaar ons weekliks die warmte en liefde van medegelowiges. Ons leer prakties wat dit is om te gee, lief te hê en uit te reik na mekaar. Ons leer ook binne hierdie omgee-ruimte om kosbare Bybelse waardes in ons lewens toe te pas. Ons wil hierdie wonderlike liefde nie net vir onsself hou nie. Ons wil nie net ’n warm- broeigroepie wees nie,  maar moedig mekaar aan om ook na ander uit te reik en mekaar in liefde te dien! Die selgroepe word die oefenruimte waar ons die Bybel beter verstaan, waar ons dit begin waag om met mekaar oor Christus te praat en uiteindelik getuies vir Christus in die wêreld word. Hier in die liefdevolle sorg van medegelowiges  kan nuwelinge hulle tuis maak en geleidelik saam-saam geestelik groei! Ons het begrip vir nuwe lede wat onseker voel, want ons het almal so begin! Hier leer ons om dissipels vir Christus te wees.

Die selbediening word deeglik gestruktureer in:

  • Selleiers en onderleiers: (Fasiliteer die selgroep).
  • Voogleiers:  (Tree as voogde op van ‘n groepie selleiers).
  • ‘n Leraar: (verantwoordelik vir die opleiding van nuwe selleiers. Kursusse word gereeld aangebied).
  • Normaalklasse: (Selleiers ontvang uitgewerkte bybelstudie-materiaal en woon elke Sondagoggend gedurende skoolkwartale ’n normaalklas by).
  • Familiefees: (Gemeentelede en sellede van alle selle kom drie keer per jaar  byeen om saam te kuier en fees te vier).
  • Selkonferensie of naweekkamp: (’n Jaarlikse geleentheid om selleiers en sellede te inspireer en toe te rus).

pyl_op

13. Ouderlingbediening

Doel van hierdie bediening: Om die lidmate wat in wyke ingedeel is geestelik te begelei en toe te rus tot dissipels van Christus. Elke lidmaat kry blootstelling aan ’n gesprek rondom geloofsekerheid. Hierdie lidmate word ook in liefde bedien en begelei om betrokke te raak in die gemeente deur hul gawes in diens van die Here aan te wend binne die gemeente

Hierdie bediening organiseer die ouderlinge in ’n span saam. Elke  ouderling bedien ’n groepie lidmate binne ’n bepaalde geografiese area (wyk). Dit is hul taak om hierdie lidmate geestelik te begelei en ook elke kwartaal te besoek. Uitgewerkte Bybelstudiemateriaal word tydens die besoeke bespreek.

  • Ouderlinge kuier kwartaalliks by lidmate in hul wyk en hou ʼn informele Bybelstudie.
  • Ouderlinge ontvang kwartaalliks toerusting vir hul bediening asook Bybelstudie materiaal.
  • Blokleierouderlinge tree as voogde op oor ouderlinge in blokwyke.
  • Ouderlinge gee verslag van hul werk en vergader kwartaalliks as bediening.

pyl_op

14. Diakenbediening

Hierdie bediening bind die diakens in ’n span saam. Die diakens het elkeen ’n groepie lidmate, in ’n spesifieke geografiese area (wyk), wat aan hul sorg toevertrou is. Indien u graag by hierdie bediening betrokke wil raak kan u die bedieningsbestuurder kontak.

  • Diakens leef die liefde van die Here Jesus prakties uit deur fisiese ondersteuning te bied waar nodig.
  • Diakens samel ook die dankoffers op ’n maandelikse basis in.
  • Diakens ontvang ook gereeld toerusting.
  • Diakens gee verslag van hul werk en vergader kwartaalliks as bediening.

pyl_op

15. Ondersteuningsbediening

Die bediening se doel is om mense wat swaar trek in die gemeente by te staan. Hierdie bediening wil mense toerus en bemagtig deur kursusse en ander materiaal om hulself te help. Uiteraard word daar ook by individuele mense betrokke geraak! Daar is ‘n span professionele beskikbaar om mense te help as dit nodig sou wees. Die diens is gratis.

Die bediening is ook in die wyer gemeenskap betrokke. Lidmate is welkom om die leraar van hul keuse te kontak indien hulp en ondersteuning benodig word.

pyl_op

16. Boubediening

Hierdie bediening is verantwoordelik vir visionêre en missionêre terrein-ontwikkeling asook die ontwikkeling en oprig van doelmatige infrastruktuur wat die gemeentevisie op kort en langtermyn volhoubaar kan ondersteun.
Lidmate met gawes op die terrein van argitektuur/ tekenaars, bou-aannemers, kosteberekenaars, ingenieurs, ontwikkelaars, en finansiering is welkom om hul aan te meld by hierdie bediening.
Die gemeente is tans in ’n fase waar bouplanne reeds gefinaliseer is vir verdere ontwikkeling van infrastruktuur.

pyl_op